Revelation 16:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi; en dit het geword soos die bloed van 'n dooie, en elke lewende siel het in die see gesterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die tweede engel het sy bak op die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos dié van ’n lyk, en elke lewende organisme wat in die see is, het doodgegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van 'n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe. |
| Afrikaans 1983 | Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos die bloed van 'n dooie, en alles wat in die see lewe, het doodgegaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die tweede engel het sy bak oor die see uitgegooi. Dit het verander in bloed, soos van 'n dooie, en elke lewende wese in die see het doodgegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die tweede engel het sy bak op die see gegooi, en die water in die see het bloed geword, dit was soos die bloed van 'n mens wat dood is. En alles wat in die see gelewe het, het doodgegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die tweede engel gooi sy bak toe op die see uit. Die water het bloederig geword asof dit uit ’n dooie man uitloop. Alles wat in die see geleef het, is daar en dan dood. |