Revelation 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n groot hael uit die hemel het op die mense geval, elke klip omtrent 'n talent gewig; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael; want sy plaag was buitengewoon groot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Groot haelstene, elkeen ongeveer 34 kilogram swaar, het van die hemel af op die mense gereën. Die mense het God egter gevloek oor die haelplaag omdat dit uitermate groot was. |
| Afrikaans 1933/1953 | en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was. |
| Afrikaans 1983 | Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar, het van die hemel af op die mense geval. En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag verskriklik groot was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Groot haelstene, ongeveer 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense neergereën. En die mense het God gelaster oor die haelplaag, omdat dit 'n uitermate groot plaag was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een talent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God gelaster, want dit was 'n swaar straf wat God vir hulle gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hael so groot soos rotse sal uit die hemel op die mense neerreën. Wat ’n verskriklike ramp gaan dit nie wees nie! Mense gaan God daaroor beledig en vloek. |