Revelation 16:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval, en die groot Babel het in gedagtenis gekom voor God, om aan haar die beker van die wyn van die gloed van sy toorn te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die groot stad is in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het ineengetuimel. God het dus hoegenaamd nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy woedende toorn te gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn. |
| Afrikaans 1983 | Die groot stad het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het inmekaargestort. God het ook nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy gloeiende toorn te gee nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die groot stad het in drie dele uitmekaar geval, en die stede van die nasies het ineengetuimel. God het aan Babilon, die magtige, gedink deur aan haar die beker wyn van die gramskap van sy toorn te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die aardbewing het die groot stad, Babilon, in drie stukke laat breek, en die stede van die volke is verwoes. God het onthou dat die mense van die stad Babilon sonde gedoen het. Hy was baie kwaad vir hulle en Hy het hulle gestraf, Hy het vir hulle die beker van swaarkry gegee om te drink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met die groot aardbewing is die belangrikste stad, Babilon, met al die bose mense in stukke geruk. Dit het in drie gebreek. Van die stede en mense wat God nie gedien het nie, het niks oorgebly nie. Ja, so sal dit gaan. God vergeet nie wat die klomp slegte mense van Babilon alles teen Hom gedoen het nie. Hulle sal moet betaal, daarvoor sal God sorg. Elke stukkie van God se straf en woede sal Babilon tref. |