Revelation 16:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar was stemme en donderslae en weerligstrale; en daar was 'n groot aardbewing soos daar nie was vandat die mense op die aarde was nie, so 'n groot aardbewing en so groot.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook ’n reuse aardbewing soos wat daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie — só ’n groot aardbewing was dit.
Afrikaans 1933/1953 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so 'n geweldige groot aardbewing.
Afrikaans 1983 Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook 'n groot aardbewing soos daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie, so 'n geweldige groot aardbewing was dit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En weerligstrale, 'n gerammel en donderslae het gevolg, en ook 'n vernietigende aardbewing, soos wat nog nie plaasgevind het sedert daar mense op aarde was nie – so geweldig was die aardbewing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe kom daar weerligstrale en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook 'n groot aardbewing. Dit was die grootste aardbewing wat op die aarde was vandat daar mense op die aarde is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe begin die hele aarde ruk en bewe soos nooit tevore nie. Die blitse het geslaan en die dreuning van die donder was verskriklik.