Revelation 16:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die sewende engel het sy skaal in die lug uitgegooi; en daar het 'n groot stem uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat sê: Dit is verby. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. ’n Kragtige stem het uit die rigting van die tempel, waar die troon ook is, gekom en gesê: “Dit is afgehandel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby! |
| Afrikaans 1983 | Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af het daar 'n stem hard uitgeroep: “Dit is verby!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het die sewende engel sy bak in die lug uitgegooi. Uit die tempel, van die troon se kant af, het 'n harde stem uitgeroep: “Dit is afgehandel!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die sewende engel het sy bak uitgegooi in die lug. God se straf was in die bak. God wat op die troon sit, het hard gepraat. Hy het uit die tempel in die hemel gesê: “Ek het die mense klaar gestraf!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net toe strooi die sewende engel sy bak in die lug uit. Uit die rigting van die troon in God se woonplek, sy tempel, hoor ek toe ’n harde geskree: “Alles is klaar; dit is verby!” |