Revelation 16:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het drie onrein geeste soos paddas sien uitkom uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die bek van die valse profeet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe merk ek op dat uit die bek van die draak en uit die bek van die monster en uit die bek van die vals profeet drie onrein geeste kom, net soos paddas. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. |
| Afrikaans 1983 | Toe sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek uit die bek van die draak, en uit die bek van die dier, en uit die mond van die vals profeet, drie onrein geeste sien kom wat soos paddas lyk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek het drie onrein geeste gesien. Hulle het gekom uit die bekke van die draak en die dier en die vals profeet. Die drie onrein geeste het gelyk soos paddas |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sien ek die duiwel, die draak, staan saam met die dier en dié een wat voorgee om almal van God te vertel, maar die hele tyd lieg. Hulle maak hulle monde oop, en daar kruip drie bose geeste uit. Hulle het net soos paddas gelyk. |