Revelation 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot Eufraatrivier; en sy water het opgedroog, sodat die weg van die konings van die Ooste berei kon word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Sy vloei het opgedroog om ’n pad gereed te maak vir die konings wat van die ooste af kom.
Afrikaans 1933/1953 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
Afrikaans 1983 Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water daarvan het opgedroog om 'n pad vir die konings uit die ooste oop te maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die sesde engel het sy bak oor die groot Eufraatrivier uitgegooi, en die rivier se water het opgedroog om 'n pad vir die konings uit die ooste gereed te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sesde engel het sy bak uitgegooi op die groot Eufraat-rivier. God se straf was in die bak. Al die water van die rivier het opgedroog, en toe was die pad gereed vir die konings wat van die Ooste kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe slaan die sesde engel toe. Sy bak se inhoud beland op die Eufraatrivier. Dit was ’n groot, magtige rivier, maar elke druppel water het opgedroog. Nou kon die konings uit die ooste sonder moeite deur die rivier kom.