Revelation 16:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vyfde engel het sy skaal op die troon van die dier uitgegooi; en sy koninkryk was vol duisternis; en hulle het hul tonge geknaag van pyn,
Afrikaans (NLV) 2011 Die vyfde engel het sy bak op die troon van die monster uitgegooi, en sy koninkryk is in duisternis gedompel. Die mense het hulle tonge begin byt van die pyn
Afrikaans 1933/1953 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
Afrikaans 1983 Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi, en daar het duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vyfde engel het sy bak oor die troon van die dier uitgegooi. Sy koninkryk is in duisternis gehul, en die mense het op hulle tonge gebyt van die pyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyfde engel het sy bak uitgegooi op die troon van die dier. God se straf was in die bak. Toe het dit donker geword op al die plekke waar die dier koning was, en die mense op daardie plekke het so baie pyn gehad dat hulle almal hulle tonge stukkend gebyt het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe kom die vyfde engel aan die beurt. Die inhoud van sy bak het op die troon van die dier beland. Oral waar hy invloed uitgeoefen het, het dit so donker geword dat jy nie jou hand voor jou oë kon sien nie. Buite hulleself van pyn het die mense wat Satan dien hulle tonge gekou.