Revelation 16:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan heen en gooi die skale van die toorn van God uit oor die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe uit die rigting van die tempel ’n kragtige stem vir die sewe engele hoor sê: “Gaan nou, en gooi die sewe bakke, vol van God se toorn, op die aarde uit!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek uit die tempel 'n harde stem vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het toe 'n harde stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: “Gaan en gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het ek Iemand hard hoor praat uit die tempel wat in die hemel is. Ek het gehoor Hy sê vir die sewe engele: “Julle moet gaan en julle moet die sewe bakke op die aarde gaan uitgooi, my straf is in daardie sewe bakke!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hoor ek iemand wat baie hard praat. Die stem het uit God se blyplek gekom en met die sewe engele gepraat: “Weg is julle! Gaan maak die sewe bakke wat vol van die woede en die straf van God is, op die aarde leeg.” |