Revelation 15:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die tempel is gevul met rook uit die heerlikheid van God en uit sy krag; en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele vervul was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die tempel het toe van God se heerlikheid en krag vol rook geword. Niemand kon in die tempel ingaan totdat die sewe plae van die sewe engele voltrek was nie.
Afrikaans 1933/1953 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
Afrikaans 1983 Die tempel het vol rook geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die tempel is met rook gevul, vol van die heerlikheid van God en sy mag, en niemand kon by die tempel ingaan, totdat die sewe plae van die sewe engele verby was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die tempel het vol rook geword. Ja, God, die Sterk Koning, was daar! Niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe engele die sewe strawwe gebring het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God se woonplek, sy tempel, het gelyk of dit vol rook was. Eintlik was dit die verbysterende grootheid en krag van God waarvan dit oorgeloop het. Niemand kon toe in die tempel ingaan nie. Hulle moes eers wag tot die sewe rampe van die sewe engele klaar was.