Revelation 15:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die sewe engele het uit die tempel uitgekom met die sewe plae, bekleed met suiwer en wit linne, en hulle borste omgord met goue gordels.
Afrikaans (NLV) 2011 en die sewe engele wat die sewe plae hou, het uit die tempel na vore getree. Hulle het helder wit linneklere aangehad, elkeen met ’n goue band om die bors.
Afrikaans 1933/1953 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.
Afrikaans 1983 en die sewe engele wat die sewe plae bring, het uit die tempel uitgekom. Hulle het helder blink klere aangehad, en elkeen het 'n goue band om die bors gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel gekom. Hulle het blink klere van suiwer linne gedra, met 'n goue band om die bors gebind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sewe engele wat die sewe strawwe gebring het, het uit die tempel gekom. Hulle het skoon, wit klere gedra en elkeen het 'n goue belt om sy bors gehad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het sewe engele uit die tent uitgestap met sewe rampe. Hulle het duur, mooi klere aangehad. Die klere was van suiwer, spierwit linne gemaak. Elkeen het ook ’n breë, goue gordel aangehad.