Revelation 15:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid; want u oordele is geopenbaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here, en nie u Naam verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en voor U in aanbidding neerval, want u regverdige dade het sigbaar geword.”
Afrikaans 1933/1953 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
Afrikaans 1983 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en U aanbid, want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie sal dan nie vir U ontsag hê nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en in aanbidding voor U neerval, want u regverdige dade is geopenbaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, almal sal U respekteer! Almal sal U eer! Want net U is heilig! Want al die volke sal kom en hulle sal U aanbid! Want almal kan sien U doen altyd wat reg is!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Here, wie sal U nie met groot agting en respek hanteer nie? Wie sal nie vir ander vertel hoe belangrik U regtig is nie? U en U alleen is soos U is: heilig. Al die mense sal na U toe stroom en U as God aanbid. Hulle kan nou sien dat wat U doen, regverdig is.”