Revelation 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die lied gesing van Moses, die kneg van God, en die lied van die Lam en gesê: Groot en wonderbaar is u werke, Here God, Almagtige! reg en waar is u weë, o Koning van die heiliges.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui: “Groot en uitsonderlik is u dade, Here God, die Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, Koning van die nasies.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
Afrikaans 1983 Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam: “Groot en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Reg en betroubaar is u optrede, Koning van die nasies.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sing toe die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat so lui: “Groots en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, o Koning van die nasies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sing hulle die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam. Hulle het gesing: “Here God, Almagtige! Die dinge wat U doen, is groot en wonderlik! U doen altyd wat reg en waar is! U is die Koning van die volke!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het Moses se lied gesing. Moses het God mos gedien. Hierdie lied is ook die lied van die Lam: “Here God, die dinge wat U alles doen, is so groot dat dit ons asem heeltemal wegslaan. Here, U is die sterkste en kragtigste van almal! Wat U doen, is altyd reg en regverdig. U doen dinge soos dit hoort. U heers oor al die mense van die wêreld en hulle sal dit moet erken.