Revelation 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het gesien soos 'n see van glas gemeng met vuur; en die wat die oorwinning behaal het oor die dier en oor sy beeld en oor sy merk en oor die getal van sy naam, staan op die see van glas, met die siters van God.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het ek iets soos ’n spieëlgladde see gemeng met vuur gesien. Die oorwinnaars oor die monster en sy standbeeld, en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met die siters wat God aan hulle gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.
Afrikaans 1983 En ek het iets soos 'n spieëlgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met siters wat hulle van God gekry het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het ook iets gesien soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en sy beeld, en die getal van sy naam het by die see van glas gestaan, terwyl hulle die siters van God vashou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het iets gesien wat lyk soos 'n see vol glas en vuur. By die see het mense gestaan. Dit is die mense wat die dier en sy beeld en die nommer van sy naam oorwin het. Die mense het harpe gehad wat God vir hulle gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sien toe iets wat lyk soos ’n see van glas wat in vuur brand met ’n klomp mense wat langs die see staan. In hulle hande was musiekinstrumente van God. Dit was al die mense wat enduit volgehou het in die stryd teen die dier en sy beeld en die kodenommer van sy naam en wat uiteindelik gewen het.