Revelation 15:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik, sewe engele met die sewe laaste plae; want in hulle is die toorn van God vervul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het toe ’n ander groot en uitsonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele wat die sewe laaste plae hou waarmee God se toorn ten volle verwerklik was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek 'n ander groot en wonderbaarlike teken in die hemel gesien. Ek het sewe engele gesien wat die sewe laaste plae bring. Daarmee het die toorn van God sy einde bereik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek in die hemel 'n ander groot en wonderbaarlike teken gesien, naamlik sewe engele met die sewe laaste plae, omdat die toorn van God daarmee tot 'n einde gekom het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het toe 'n ander groot en wonderlike teken in die lug gesien: Daar was sewe engele wat God se straf gebring het, sewe strawwe. Dit is die sewe laaste strawwe. Wanneer die sewe strawwe klaar is, dan sal God nie weer die mense straf nie, Hy het hulle dan genoeg gestraf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sien toe nog ’n ander teken in die hemel waaruit ons baie kan leer. Dit was ’n groot en asemrowende toneel. Ek het sewe engele gesien met sewe rampe. Dit is die laaste rampe wat die mense sal tref. Dit rond God se woede oor die sondes af. |