Revelation 14:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en sy merk op sy voorhoof of in sy hand ontvang, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nog ’n engel, ’n derde, het agter die ander gevolg en met ’n kragtige stem uitgeroep: “As iemand neerkniel voor die monster en sy standbeeld en ’n merk op sy voorkop of op sy hand het, |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, |
| Afrikaans 1983 | 'n Derde engel het agter die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: “Wie die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná hom het 'n ander engel, 'n derde een, gekom en met 'n harde stem uitgeroep: “As iemand die dier en sy beeld aanbid, en 'n merk op sy voorkop of op sy hand ontvang het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Derde engel het gekom. Hy het hard geskree en gesê: “God sal die mense straf wat die dier en sy beeld aanbid, die mense wat die dier se merk op hulle voorkoppe of op hulle hande het! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Derde engel kom toe en skreeu net so hard: “As iemand die dier met sy standbeeld aanbid en die dier se merk op sy voorkop of hand dra, sal hy ’n ander soort wyn drink; die wyn van God se straf. |