Revelation 14:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die toorn van haar hoerery.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Ander engel, ’n tweede, het gevolg en uitgeroep: “Die magtige Babilon het geval, ja, geval! Babilon het al die nasies bedwelm met die wyn van haar passie vir seksuele sonde.”
Afrikaans 1933/1953 En 'n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
Afrikaans 1983 'n Tweede engel het agter die eerste aan gevlieg en uitgeroep: “Geval, geval het die grote Babilon wat al die nasies van die dwelmdrank van haar onsedelikheid laat drink het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná hom het 'n ander engel, 'n tweede een, gekom en uitgeroep: “Geval, geval het Babilon, die magtige, sy wat al die nasies van die wyn van die wellus van haar hoerery laat drink het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Tweede engel het gekom. Hy het geskree en gesê: “ Babilon, die groot stad, is afgebreek en verwoes! Ja, dit is plat! Babilon was soos 'n vrou wat onsedelik lewe, dit was vir haar baie lekker om so te lewe. En sy het vir die mense van die ander volke geleer om onsedelik te lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was skaars verby of ’n tweede engel was daar: “Dit is klaarpraat met Babilon, die stad vol sondige mense; ja, die grote Babilon is verby! Sy wou mos al die mense forseer om soos sy te leef asof God nie bestaan nie. So, sonder God, het hulle geleef soos mense wat hulle dronk drink.”