Revelation 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom eer; want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 En hy het toe met ’n kragtige stem uitgeroep: “Eerbiedig God en bewys Hom eer, want die uur van sy oordeel het aangebreek. Val in aanbidding voor Hom neer wat die hemel en die aarde, die see en die waterfonteine gemaak het.”
Afrikaans 1933/1953 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Afrikaans 1983 en hy het met 'n harde stem uitgeroep: “Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met 'n harde stem het hy uitgeroep: “Julle moet ontsag hê vir God en heerlikheid bewys aan Hom, want die tyd van sy oordeel het aangebreek. Aanbid Hom wat die hemel, die aarde, die see en die fonteine geskep het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die engel het hard geskree en gesê: “Julle moet vir God respekteer, want Hy gaan nou die mense oordeel! Julle moet Hom aanbid! Hy het die hemel en die aarde en die see en die fonteine gemaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het die engel hard geskree sodat almal dit kon hoor: “Betoon respek vir God, want vir Hom moet julle ontsag hê. “Maak Hom groot, want die tyd is hier dat mense voor God gaan verskyn om te hoor wat sy oordeel oor hulle is. “Aanbid Hom! Hy het die hemel gemaak. Die aarde met die see en fonteine het Hy met sy hande gemaak.”