Revelation 14:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is hulle wat nie met vroue verontreinig is nie; want hulle is maagde. Dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook al gaan. Hulle is onder die mense losgekoop, as eerstelinge vir God en die Lam. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is hulle wat hulle nie met vroue besoedel het nie omdat hulle onthouding beoefen het. Hulle volg die Lam waar Hy ook al lei. Hulle is onder die mense uit losgekoop as ’n eersteling van die oes, gewy aan God en aan die Lam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. |
| Afrikaans 1983 | Dit is hulle wat hulle nie met vrouens besoedel het nie; hulle het kuis gebly. Hulle volg die Lam waar Hy ook al gaan. Hulle is onder die mense uit losgekoop as eerstelinge vir God en vir die Lam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle is die mense wat hulle nie met vroue besoedel het nie, omdat hulle kuis is. Hulle volg die Lam, waar Hy ook al gaan. Hulle is uit die mense losgekoop, as eerstelinge vir God en die Lam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het nie onsedelik gelewe nie, hulle was maagde. Hulle het oral saam met die Lam gegaan. God het hulle vrygekoop. Ja, hulle was die eerste mense wat aan Hom en aan die Lam behoort het, God het hulle losgekoop om aan Hom te behoort. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie mans het nie onsedelik saam met vroue geleef nie. Hulle is rein. Hulle het die Lam gevolg net waar Hy gegaan het. God het hulle eerste uit al die mense sy eiendom gemaak. Hulle is die eerstes van nog baie ander wat aan God en die Lam gaan behoort. |