Revelation 14:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het soos 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon daardie lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde losgekoop is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sing ’n nuwe lied in die teenwoordigheid van die troon, die vier lewende wesens en die ouderlinge. Niemand behalwe die 144 000 wat van die aarde af losgekoop is, was in staat om hierdie lied te bemeester nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is. |
| Afrikaans 1983 | Hierdie mense sing 'n nuwe lied daar voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge. Niemand anders as net hierdie honderd vier en veertig duisend mense, wat van die aarde af losgekoop is, kon hierdie lied leer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het 'n nuwe lied voor die troon en in die teenwoordigheid van die vier lewende wesens en die ouderlinge gesing. Niemand kon egter dié lied leer nie, behalwe die honderd vier-en-veertigduisend mense wat van die aarde losgekoop is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het 'n nuwe lied gesing voor God se troon en voor die vier diere en voor die ouderlinge. Net die 144 000 mense kon daardie lied leer, niemand anders nie, want God het hulle losgekoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al hierdie mense het die pragtigste lied gesing wat niemand nog ooit gehoor het nie. Voor God op sy troon en die vier lewende wesens en die kerkleiers het die lied opgeklink. Snaaks genoeg kon niemand anders hierdie lied aanleer of sing nie. Dit was spesiaal net vir die 144 000. God het hulle mos vrygekoop van dit wat hulle op die aarde gebind het. |