Revelation 14:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom, tot by die tooms van die perde, met 'n afstand van duisend seshonderd myl. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die druiwepers wat buitekant die stad geleë is, is getrap. Uit die druiwepers het daar bloed gestroom wat tot aan die tooms van die perde geraak en 300 kilometer ver gevloei het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver. |
| Afrikaans 1983 | Die parskuip, buitekant die stad, is getrap. Uit die parskuip het daar bloed uitgekom wat tot aan die tooms van die perde geraak en sestien honderd kilometer ver gestrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die parskuip is buite die stad getrap. Uit die parskuip het daar bloed gevloei – sestienhonderd stadion ver, tot aan die perde se tooms. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die parskuip was buite die stad, en die engel het die druiwe in die parskuip getrap. Die bloed het by die parskuip uitgevloei. Dit was so diep dat dit tot by die perde se tome gevloei het. Die bloed het 1 600 stadioi ver gevloei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie houer kan vergelyk word met die woede en straf van God oor die sonde. So vreeslik was dit dat dit nie in die stad waar die mense gebly het, gedoen is nie. Die bloed het oor die houer gestroom. Die stroom bloed was so diep dat dit tot by die middellyf van ’n man gekom het. Hierdie stroom bloed het 300 kilometer ver geloop. |