Revelation 14:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het 'n stem uit die hemel gehoor, soos die stem van baie waters en soos die stem van 'n groot donderslag, en ek het die stem van siters met hul siters gehoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En ek het van die hemel af ’n geluid gehoor soos die gedruis van ’n groot waterval en soos die gerammel van swaar donderweer. Die geluid wat ek gehoor het, was soos dié van musikante wat op hulle siters speel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters. |
| Afrikaans 1983 | En ek het 'n geluid uit die hemel uit hoor kom wat soos die gedruis van 'n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer geklink het. Die geluid wat ek gehoor het, was ook soos dié van siterspelers wat op hulle siters speel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor, soos die gedruis van baie waters en die gerammel van swaar donderweer. Die geluid wat ek gehoor het, het geklink soos dié van lierspelers wat hulle liere bespeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hoor ek die engele in die hemel sing. Hulle stemme was so hard soos baie water wat raas, soos baie harde donderweer, soos wanneer mense op harpe speel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe iemand uit die hemel hoor praat. Dit het geklink soos ’n geweldige donderstorm met water wat neergiet. Maar die stem het tegelyk soos pragtige musiek geklink. |