Revelation 14:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die engel het sy sekel in die aarde gesteek en die wingerdstok van die aarde bymekaargemaak en dit in die groot parskuip van die toorn van God gegooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die engel het toe sy sekel op die aarde ingesteek en die wingerd geoes, en dit in die druiwepers van God se toorn gegooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. |
| Afrikaans 1983 | Die engel het toe sy sekel op die aarde ingesteek. Hy het die wingerd op die aarde afgeoes en die oes in die groot parskuip van God se toorn gegooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die engel het toe sy sekel oor die aarde geswaai, en die wingerd op die aarde afgeoes, en dit in die groot parskuip van God se toorn gegooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die engel het sy sekel oor die aarde geswaai en hy het die druiwetrosse afgesny. Hy het dit in die groot parskuip gegooi. Die parskuip beteken dat God baie kwaad is vir die mense en dat Hy hulle baie swaar sal straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die engel het nie op hom laat wag nie en het op die aarde begin oes. Wat geoes is, is saam in ’n groot houer gegooi. In hierdie houer is die druiwe stukkend getrap. |