Revelation 14:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n ander engel het van die altaar uitgekom, wat mag oor vuur gehad het; en met 'n groot geroep na hom wat die skerp sekel het, uitgeroep en gesê: Steek jou skerp sekel in en maak die trosse van die wingerdstok van die aarde bymekaar; want haar druiwe is heeltemal ryp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nog ’n ander engel het uit die rigting van die altaar gekom. Hy het mag oor die vuur gehad en met ’n kragtige stem geroep na hom wat die skerp sekel vashou en aan hom gesê: “Steek jou skerp sekel in en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en 'n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met 'n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword. |
| Afrikaans 1983 | Nog 'n ander engel het van die altaar se kant af gekom. Hy het mag oor die vuur gehad en het met 'n harde stem geroep na die engel wat die skerp sekel het, en vir hom gesê: “Steek jou skerp sekel in en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want sy druiwe het ryp geword.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nog 'n engel, wat beheer oor die vuur gehad het, het van die altaar af gekom. Hy het met 'n harde stem geroep na hom wat die skerp sekel vashou en gesê: “Steek jou skerp sekel in, en sny die druiwetrosse van die wingerd op die aarde af, want die druiwe het ryp geword.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En 'n ander engel het van die altaar in die tempel in die hemel gekom. Dit was die engel wat regeer het oor al die vuur. Hy het vir die engel met die sekel geskree en gesê: “Dit is nou die tyd om die mense te straf! Die mense op die aarde is soos druiwetrosse. Gebruik jou skerp sekel, sny hulle af en maak hulle bymekaar soos 'n mens die druiwetrosse van 'n wingerdstok bymekaarmaak! Jy moet dit doen, want die druiwe is ryp.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik was daar nog een wat uit die rigting van God se altaar gekom het. Hy was in beheer van die vuur. Hy skree toe hard vir die engel met die sekel sodat almal kon hoor: “Steek jy ook jou sekel in! Sny die druiwetrosse van die wingerde op aarde af. Die druiwe is ryp.” (So begin die oordeel.) |