Revelation 14:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n ander engel het uit die tempel uitgekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Steek jou sekel in en maai, want die tyd het aangebreek vir jou om te maai; want die oes van die aarde is ryp. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Ander engel het uit die tempel te voorskyn gekom en met ’n kragtige stem geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die uur het aangebreek om te oes. Die oes van die aarde is ryp.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. |
| Afrikaans 1983 | 'n Engel het uit die tempel uitgekom en hard geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die tyd het gekom om te oes. Die aarde is ryp vir die oes.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Ander engel het uit die tempel gekom, en met 'n harde stem geroep na Hom wat op die wolk sit: “Steek u sekel in en oes, want die tyd om te oes, het aangebreek, en die aarde is ryp vir die oes.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het 'n ander engel gesien. Hy het uit die tempel in die hemel gekom. Hy het hard geskree vir die Persoon wat op die wolk sit en gesê: “Dit is nou die tyd om die mense te straf! U moet hulle straf soos wanneer 'n mens koring afsny. U moet u sekel gebruik en begin afsny! Die oes op die aarde is ryp!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Skielik het ’n ander engel sy opwagting gemaak. Die engel het uit die blyplek van God gekom en hard geskree vir die Man wat op die wolk sit om te hoor: “Steek u sekel in. Maak die oes bymekaar. Die oestyd is hier, want die oes op die aarde is ryp.” |