Revelation 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Skryf, Geseënd is die dooies wat van nou af in die Here sterf: Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid; en hulle werke volg hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het ook ’n stem van die hemel af hoor sê: “Skryf dit op! Geseënd is die dooies wat van nou af in die Here sterf.” “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle harde werk, want wat hulle gedoen het, vergesel hulle.”
Afrikaans 1933/1953 En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
Afrikaans 1983 Toe het ek 'n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.” “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het toe 'n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf neer! ‘Gelukkig is die dooies wat van nou af in die Here sterf.’ ” “Ja,” sê die Gees, “sodat hulle mag rus van hulle geswoeg, want hulle dade volg hulle.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek het die stem van iemand in die hemel gehoor. Hy het gesê: “Jy moet skryf! Van nou af is almal wat aan die Here behoort en wat sterf, gelukkige mense!” Die Heilige Gees het gesê: “Ja, hulle sal nie meer hard werk nie. Hulle sal rus, want hulle het baie goeie dinge gedoen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hoor ek ’n stem uit die hemel: “Skryf! Die Here se mense wat van nou af doodgaan, is baie gelukkig. Sowaar! sê die Gees. Nou kan hulle ontspan en rustig wees. Hulle hoef nie meer hard te swoeg nie. Almal in die hemel weet hoe hulle met oorgawe vir God gewerk het toe hulle moes. God self weet dit baie goed.”