Revelation 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie, wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam aanneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die rookwolk van hulle foltering styg vir altyd na bo, en hulle het dag en nag nie rus nie; dit is húlle wat die monster en sy standbeeld aanbid, en wat die merk van sy naam dra.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en dié wat die merk van sy naam aanvaar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die rook van hulle foltering bly opstyg vir ewig en ewig, en hulle wat die dier en sy beeld aanbid, kry dag en nag geen rus nie, ook nie hulle wat die merk van sy naam ontvang het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vuur wat hulle seermaak, hou aan om altyd te brand, en hulle kan nooit rus nie, nie in die dag nie en ook nie in die nag nie. So sal dit gaan met almal wat die dier en sy beeld aanbid en wat die merk van sy naam gekry het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vuur se rook sal wys hoe seer hierdie mense brand. En dit sal nooit einde kry nie. Die arme mense wat die dier aanbid en met hom gespog het deur sy merk te dra, gaan baie swaarkry. Hulle sal dag en nag die ondraaglikste pyn moet verduur. |