Revelation 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng in die beker van sy grimmigheid geskink word; en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die aangesig van die heilige engele en voor die Lam.
Afrikaans (NLV) 2011 sal hy ook van die wyn van God se woede moet drink. Dié wyn word onverdun in die beker van sy wraak ingeskink. Hulle sal ook gefolter word in vuur en swael in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam.
Afrikaans 1933/1953 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.
Afrikaans 1983 sal van die wyn van God se toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael gepynig word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sal hy ook drink van die wyn van God se toorn, wat onverdun in die beker van God se toorn geskink is. Hy sal ook in die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam met vuur en swael gefolter word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God is baie kwaad vir hulle. Hy sal hulle straf en Hy sal vir hulle die beker van swaarkry laat drink. Hy sal hulle seermaak met vuur en swael. God se engele en die Lam sal dit sien gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God se woede en ontevredenheid sal wees soos ’n glas wat vol wyn gegooi word. Die mense wat aan die dier behoort, sal dit dan moet drink, of hulle wil of nie! Dit sal wees soos iemand wat in ’n verskriklike warm vuur baie seer brand. Die engele en die Lam sal staan en kyk hoe dit gebeur.