Revelation 14:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend, met die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het ek gesien, en kyk, die Lam staan op Sionsberg, en by Hom 144 000 met sy Naam en dié van sy Vader op hulle voorkoppe geskryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd vier en veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom is daar honderd vier-en-veertigduisend mense met sy Naam, en ook sy Vader se Naam, op hulle voorkoppe geskryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek het gekyk en gesien die Lam staan op Sionsberg! Saam met Hom was daar 144 000 mense. Die Naam van die Lam en die Naam van die Vader was op hulle voorkoppe geskryf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek kyk toe weer mooi, en wat sien ek? Op die heilige berg Sion het Jesus, die Lam, gestaan en by Hom was 144 000 mense. Elkeen van hulle het die Naam van die Lam en die Naam van sy Vader duidelik op hulle voorkoppe geskryf gehad. |