Revelation 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En almal wat op die aarde woon, sal hom aanbid wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die bewoners van die aarde sal in aanbidding voor hom neerkniel. Dit is hulle wie se name nie van die fondamentlegging van die wêreld af in die Boekrol van die Lewe aangeteken is nie — die Boekrol van die geslagte Lam. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. |
| Afrikaans 1983 | Al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die skepping van die wêreld af geskrywe staan in die boek van die lewe, die boek van die Lam wat geslag is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die aardbewoners sal hom aanbid, elkeen wie se naam sedert die grondlegging van die wêreld nie opgeskryf is in die boekrol van die lewe van die Lam wat geslag is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense op die aarde sal die dier aanbid, al die mense wie se name nie geskryf is in die boek van die lewe nie. Dit is God wat party mense se name in die boek van die lewe geskryf het. Hy het dit gedoen voordat Hy die wêreld gemaak het. Die boek van die lewe is ook die boek van die Lam, die Lam wat aan die kruis gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die mense wêreldwyd en van oraloor het die dier aanbid asof hy God of Christus self is. As ek hier sê “al die mense”, is dit natuurlik almal wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie. Dit is Christus, die Lam met die slagmerk aan sy keel, se boek. Die name staan al in daardie boek vandat die wêreld gemaak is. |