Revelation 13:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin; en aan hom is mag gegee oor alle geslagte en tale en nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy is ook toegelaat om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; aan hom is ook gesag gegee oor elke stam, volk, taalgroep en nasie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. |
| Afrikaans 1983 | Aan hom is daar ook mag gegee om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin; en daar is gesag aan hom gegee oor elke stam, volk, taal en nasie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy is toegelaat om teen die •heiliges oorlog te voer, en hulle te oorwin. Aan hom is ook volmag gegee oor elke stam en volk en taal en nasie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het gesê die dier mag oorlog maak teen die mense wat aan God behoort en hy mag hulle wen. Ja, God het gesê die dier mag regeer oor die mense van al die stamme, volke, tale en lande. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het die dier ook nie gekeer om teen God se mense oorlog te maak en hulle selfs te wen nie. God het hom ook toegelaat om die septer te swaai oor die hele wêreld, maak nie saak waar nie. |