Revelation 13:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n mond is aan hom gegee wat groot dinge en godslasteringe uitspreek; en aan hom is mag gegee om twee en veertig maande aan te hou.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié monster is toegelaat om vreeslike en lasterlike dinge te sê; aan hom is ook die mag verleen om 42 maande lank só op te tree.
Afrikaans 1933/1953 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.
Afrikaans 1983 Die dier is toegelaat om verskriklike dinge te sê en te laster en om twee en veertig maande lank gesag uit te oefen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan hom is 'n mond gegee om grootpraterige en godslasterlike dinge mee kwyt te raak. Aan hom is volmag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gesê die dier mag vir God laster en die dier mag 42 maande lank regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het die dier toegelaat om so ’n grootmond te wees en Hom te beledig. God het hierdie kragtoertjies van die duiwel vir ’n rukkie geduld; dit was darem nie te lank nie.