Revelation 13:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die draak aanbid wat aan die dier mag gegee het, en hulle het die dier aanbid en gesê: Wie is soos die dier? wie is in staat om teen hom oorlog te voer? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het in aanbidding neergeval voor die draak omdat hy aan die monster mag gegee het. En hulle het die monster aanbid en gesê: “Wie is soos die monster? En wie kan teen hom oorlog maak?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? |
| Afrikaans 1983 | Die mense het die draak aanbid omdat dit hy is wat die gesag aan die dier gegee het. Hulle het ook die dier aanbid en gesê: “Wie kan met die dier vergelyk word? En wie kan teen hom oorlog voer?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle het die draak aanbid, omdat hy volmag aan die dier gegee het. Hulle het toe ook die dier aanbid, en gesê: “Wie is net soos die dier, en wie kan teen hom oorlog voer?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het die draak aanbid, want die draak het vir die dier gesê hy kan alles doen wat die draak doen. En hulle het die dier aanbid en gesê: “Daar is niemand wat so sterk is soos die dier nie! Niemand kan teen hom oorlog maak nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele wêreld was verwonderd, stom van verbasing. Hulle het agter die dier aangestroom en die duiwel soos God aanbid, want hy het mos al daardie mag aan die dier gegee. “Wie is so wonderlik soos die dier?” het hulle gevra. “Wie sal ooit teen hom ’n oorlog kan wen?” So het hulle die dier aanbid. |