Revelation 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het een van sy koppe gesien asof dit doodgewond was; en sy dodelike wond is genees, en die hele wêreld was verwonderd agter die dier aan.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan een van sy koppe was hy oënskynlik dodelik verwond, maar sy dodelike wond het gesond geword. Die hele wêreld het verwonderd agter dié monster aan geloop.
Afrikaans 1933/1953 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
Afrikaans 1983 Dit het gelyk asof hy aan een van sy koppe dodelik gewond was, maar die dodelike wond het genees, en die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan geloop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het gelyk of een van die dier se koppe tot die dood toe verwond was, maar sy dodelike wond het genees. Die hele wêreld was verwonderd oor die dier, en het agter hom aangeloop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek het gesien een van die dier se koppe het 'n groot seerplek gehad. Ek het gedink dat die dier sal doodgaan. Maar die groot seerplek het gesond geword. Al die mense in die wêreld was baie verbaas en hulle het die dier gevolg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Een van die koppe van die dier het ’n wond gehad waarvan hy sekerlik moes doodgaan. Met so ’n wond kon hy nie bly leef nie. Tog het die wond gesond geword.