Revelation 13:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hier is wysheid. Laat hom wat verstand het, die getal van die dier tel, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal was seshonderd ses en sestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In hierdie geval is onderskeidingsvermoë nodig. Laat die een wat insig het, die getal van die monster bereken, want dit is ’n mens se getal. Sy getal is 666. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig. |
| Afrikaans 1983 | Hier is wysheid nodig. Wie verstand het, kan die getal van die dier ontsyfer, want dit is 'n mens se getal. Sy getal is ses honderd ses en sestig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiervoor is wysheid nodig. Wie insig het, moet die getal van die dier bereken, want dit is die getal van die mens, en sy getal is seshonderd ses-en-sestig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens moet baie goed dink hieroor. As iemand dit goed verstaan, dan moet hy dink wat beteken die nommer van die dier uit die see, want dit is 'n mens se nommer. Die nommer is 666. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier is ’n raaisel vir die slimmes. Laat iemand wat slim genoeg is, uitwerk wat hierdie kodenommer van die dier wil sê. Dit is die kodenommer van ’n mens, naamlik 666. |