Revelation 13:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het mag gehad om die beeld van die dier lewend te maak, sodat die beeld van die dier sou praat en veroorsaak dat almal gedood sou word wat die beeld van die dier nie aanbid nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is ook toegelaat om lewe in die standbeeld van die monster te blaas sodat dit kan praat en almal laat doodmaak wat dit nie aanbid nie.
Afrikaans 1933/1953 En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
Afrikaans 1983 Aan hom is daar ook mag gegee om asem in die dier se beeld te blaas, sodat die beeld kan praat en almal kan laat doodmaak wat nie die beeld aanbid nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan hom is toe die vermoë gegee om asem in die beeld van die dier te blaas, sodat die beeld van die dier ook kon praat, en om almal wat nie die beeld van die dier aanbid nie, te laat doodmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gesê die dier uit die aarde mag die beeld van die dier uit die see laat lewe. Die beeld kon toe praat, en as mense nie die beeld wou aanbid nie, dan het die dier hulle laat doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het selfs toegelaat dat die beeld begin asemhaal en praat, soos die tweede dier wou. Die ergste is dat hierdie standbeeld enigiemand wat nie voor hom neerval en hom soos ’n god aanbid nie, daar en dan doodgemaak het. Hy het ook almal forseer om ’n merk op hulle regterhand en voor op hulle kop te dra. Aan die merk sou almal kon sien dat hulle aan die dier behoort.