Revelation 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En verlei die bewoners van die aarde deur middel van daardie wonders wat hy mag gehad het om voor die oë van die dier te doen; en aan die bewoners van die aarde gesê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat deur 'n swaard gewond is en geleef het.
Afrikaans (NLV) 2011 En hy mislei die bewoners van die aarde deur die wondertekens wat hy toegelaat is om namens die monster te doen. Hy het ook die bewoners van die aarde beveel om ’n standbeeld vir die monster op te rig; dit is die monster wat die litteken van die swaard dra en wat weer lewend geword het.
Afrikaans 1933/1953 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Afrikaans 1983 Aan hom is daar mag gegee om wondertekens namens die dier te doen, waardeur hy die bewoners van die aarde mislei. Hy sê die bewoners van die aarde ook aan om 'n beeld op te rig vir die dier wat die litteken van die slagmes het en wat weer lewend geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En hy mislei die aardbewoners deur die tekens wat hy toegelaat is om in die teenwoordigheid van die dier te doen, deur hulle te beveel om 'n beeld op te rig vir die dier wat deur die swaard gewond is, maar weer lewend geword het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gesê hierdie dier mag daardie wonderlike dinge doen. Die dier mag die wonderlike dinge doen in die plek van die dier wat uit die see gekom het. Die dier uit die aarde het die mense op die aarde bedrieg met daardie wonderlike dinge en hy het vir hulle gesê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier uit die see. Iemand het die dier uit die see met 'n swaard gesteek, en hy het 'n baie groot seerplek gehad, maar hy het gelewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Onnodig om te sê, maar hy het die mense met al hierdie wonderlike dinge die regte pad heeltemal byster laat raak. Hy het hulle selfs oortuig om vir die eerste dier (wat met die swaard gewond is, maar nog springlewendig is) ’n standbeeld te bou om hom só as ’n groot heerser te eer.