Revelation 13:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy oefen al die mag van die eerste dier voor hom uit en laat die aarde en die wat daarop woon die eerste dier aanbid, wie se dodelike wond genees is.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy tree met al sy gesag namens die eerste monster op. En hy oorreed die aarde en al die bewoners daarvan om die eerste monster te aanbid, dit is dié een waarvan die dodelike wond gesond geword het.
Afrikaans 1933/1953 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.
Afrikaans 1983 Hy oefen al die gesag van die eerste dier namens hom uit. Hy maak dat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, dié een waarvan die dodelike wond genees het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het met al die volmag van die eerste dier opgetree, en dit in sy teenwoordigheid gedoen. En hy laat die aarde en die bewoners daarvan die eerste dier aanbid, die een wat van sy dodelike wond genees is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En die dier uit die aarde het regeer in die plek van die eerste dier, die dier wat uit die see gekom het. Die dier uit die aarde het vir die mense op die aarde gesê hulle moet die eerste dier aanbid, die dier wat 'n groot seerplek gehad het en wat amper gesterf het, maar wat weer gesond geword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie dier kon alles doen wat die eerste dier gedoen het. Hulle het saamgewerk. Die tweede dier het net een doel gehad: hy wou sorg dat al die mense op die aarde die eerste dier - dit is nou die een met die dodelike wond wat gesond geword het - soos ’n god aanbid.