Revelation 13:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het 'n ander dier uit die aarde sien opkom; en hy het twee horings gehad soos 'n lam, en hy het gepraat soos 'n draak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het ek ’n ander monster gesien wat uit die aarde opkom. Hy het twee horings gehad, net soos ’n lam, maar hy het gepraat soos ’n draak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak. |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek 'n ander dier gesien wat uit die aarde uit kom. Hy het twee horings gehad soos 'n lam s'n, maar hy het soos 'n draak gepraat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek 'n ander dier uit die aarde sien opkom. Hy het twee horings gehad, net soos 'n lam, maar hy het soos 'n draak gepraat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sien ek 'n ander dier wat uit die aarde kom. Hy het twee horings gehad, dit was soos 'n lam se horings. Maar hy het gepraat soos 'n draak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het toe nog ’n dier gesien. Hy het uit die aarde opgekom. Hierdie dier het nie gevaarlik gelyk nie, net soos ’n lammetjie met twee horinkies. Toe die dier egter sy mond oopmaak om te praat, was dit die ene duiwel, van voor tot agter. |