Revelation 13:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat in ballingskap lei, sal in ballingskap gaan; wie met die swaard doodslaan, moet met die swaard gedood word. Hier is die geduld en die geloof van die heiliges.
Afrikaans (NLV) 2011 Wie vir gevangenskap bestem is, gaan in gevangenskap; wie bestem is om met die swaard doodgemaak te word, sal so doodgemaak word. In hierdie sake het die gelowiges volharding en vertroue nodig.
Afrikaans 1933/1953 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
Afrikaans 1983 As iemand bestem is vir gevangenskap, gaan hy in gevangenskap; as iemand bestem is om met 'n swaard doodgemaak te word, word hy met 'n swaard doodgemaak. Hier het die gelowiges volharding en geloof nodig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As iemand bestem is vir gevangenskap, sal hy in gevangenskap gaan; as iemand bestem is om met 'n swaard doodgemaak te word, sal hy met 'n swaard doodgemaak word. Hiervoor het die heiliges volharding en geloof nodig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As God besluit het jy moet tronk toe gaan, dan sál jy tronk toe gaan. As God besluit het mense sal jou met 'n swaard doodmaak, dan sál hulle jou met 'n swaard doodmaak. Ja, die mense wat aan God behoort, moet geduldig wees wanneer hulle swaarkry, hulle moet aanhou glo!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As dit op iemand se pad lê om in die tronk te beland, sal hy in die tronk beland. Iemand wat iemand anders doodmaak, sal self doodgemaak word.” Ja-nee, die mense wat aan God behoort, moenie moed opgee nie. Hulle moet gelowig op God bly vertrou.