Revelation 13:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het op die sand van die see gaan staan en 'n dier uit die see sien opkom, met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone, en op sy koppe die naam van godslastering. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het ek ’n monster uit die see sien opkom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien koningskrone en op sy koppe name wat God belaster het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering. |
| Afrikaans 1983 | En toe het ek 'n dier uit die see uit sien kom met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien heerserskrone en op sy koppe godslasterlike name. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het ek 'n dier uit die see sien opkom, met tien horings en sewe koppe. Op sy horings was daar tien krone, en op sy koppe was daar 'n godslasterlike naam geskryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En ek het gesien 'n dier kom uit die see. Die dier het tien horings en sewe koppe gehad. Op die horings was tien krone en op sy koppe was daar name geskryf, name wat vir God gelaster het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sien toe ’n dier uit die see opkom. Hy het so gelyk: hy het tien horings en sewe koppe gehad, wat gewys het hoe ’n sterk regeerder hy was. Sy tien krone het gewys dat hy soos ’n koning regeer het. Op die koppe was die verskriklikste naam geskryf. Dit was ’n absolute belediging vir God! |