Revelation 12:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar was oorlog in die hemel: Migael en sy engele het teen die draak geveg; en die draak het geveg en sy engele, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het toe oorlog uitgebreek in die hemel: Migael en die engele onder sy beheer het oorlog gemaak teen die draak. Die draak en die engele onder sy beheer het aan die oorlog deelgeneem, |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het oorlog in die hemel gekom: M¡gael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; |
| Afrikaans 1983 | Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En daar het oorlog uitgebreek in die hemel: Migael en sy engele het teen die draak oorlog gevoer. Die draak en sy engele het ook oorlog gevoer, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe was daar oorlog in die hemel. Migael en sy engele het oorlog gemaak teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gemaak teen Migael en sy engele. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar breek toe ’n oorlog in die hemel uit. Die oorlogsgeneraal van God, Migael, en sy engele pak toe die draak in ’n oorlog. Die draak en sy engele het hulle bes probeer, maar tevergeefs. |