Revelation 12:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vrou het na die woestyn toe gevlug, waar sy ’n plek gehad het wat deur God vir haar voorberei is sodat hulle haar daar 1 260 dae lank kan versorg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank. |
| Afrikaans 1983 | en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar 'n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vrou het egter die woestyn in gevlug, na 'n plek wat daar vir haar deur God gereedgemaak is, sodat hulle haar daar twaalfhonderd-en-sestig dae lank kon versorg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die vrou na die woestyn gevlug. Daar was 'n plek in die woestyn, 'n plek wat God vir haar gereedgemaak het. Daar het God 1 260 dae lank vir haar gesorg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vrou het die woestyn in gevlug waar God vir haar ’n spesiale plek reggemaak het. Sy het so lank as wat dit nodig was (omtrent so 1 260 dae) daar gebly. God het vir haar alles gegee wat sy nodig gehad het. |