Revelation 12:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy het 'n manlike kind gebaar wat al die nasies met 'n ysterstaf sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en na sy troon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het geboorte geskenk aan ’n manlike kind, wat al die nasies met ’n ysterstaf sal beheer. Haar kind is weggeruk van die draak af, na God en na sy troon toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. |
| Afrikaans 1983 | Sy het 'n kind in die wêreld gebring, 'n seun, bestem om al die nasies met 'n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy het geboorte geskenk aan 'n manlike kind, bestem om al die nasies met 'n ysterstaf te regeer. En haar kind is weggevoer na God en sy troon. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vrou het 'n seun gekry. God het besluit dat die seun die volke met 'n yster-septer moet regeer. En God het die kind vinnig weggeneem na die hemel, na God se troon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die kind word toe gebore. Dit was ’n seun, maar nie sommer enige seun nie. Hy is die Een wat oor al die mense in hierdie wêreld sal regeer. Wie nie na Hom luister nie, sal onder sy verskriklike straf deurloop. Die draak was te stadig. Toe die Seun gebore is, is Hy opgeraap en na God toe, wat oor alles heers, gevat. |