Revelation 12:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy stert het die derde deel van die sterre van die hemel getrek en hulle op die aarde gegooi; en die draak het voor die vrou gestaan wat gereed was om te baar, om haar kind te verslind sodra dit gebore is.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy stert het ’n derde van die sterre van die hemel meegesleur en hulle op die aarde neergegooi. Die draak het reg voor die vrou wat op die punt was om geboorte te skenk, gaan staan om wanneer sy geboorte skenk, haar kind op te vreet.
Afrikaans 1933/1953 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Afrikaans 1983 Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy stert het 'n derde van die hemel se sterre saamgesleep en dit op die aarde neergegooi. Die draak het toe voor die vrou wat op die punt was om geboorte te skenk, gaan staan om, sodra sy geboorte skenk, haar kind te verslind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die draak het sy stert gebruik en hy het een derde van die sterre in die lug afgeruk en op die grond gegooi. Hy het gaan staan voor die vrou wat besig was om 'n kind te kry. Die draak wou die kind opvreet wanneer die kind gebore word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy swaai sy stert en slaan ’n derde van die sterre uit die hemel uit dat hulle tot op die aarde val. Die draak het reg voor die vrou gaan staan om die kind te verslind wat sy besig was om te kry.