Revelation 12:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar het 'n ander wonder in die hemel verskyn; en daar was 'n groot rooi draak met sewe koppe en tien horings en sewe krone op sy koppe.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar het ook ’n ander teken in die hemel sigbaar geword: Kyk net — ’n groot rooi draak met sewe koppe en tien horings en op sy koppe was daar sewe koningskrone.
Afrikaans 1933/1953 En 'n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
Afrikaans 1983 Daar het ook 'n ander teken in die hemel verskyn: daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En 'n ander teken het in die hemel verskyn: Kyk, daar was 'n groot vuurrooi draak, met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En ek het gekyk en ek het nog 'n teken in die hemel gesien: Daar was 'n groot draak! Die draak was baie rooi en hy het sewe koppe en tien horings gehad. Daar was sewe krone op sy koppe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dit was nie al nie. Ek sien toe ’n groot draak in die lug met ’n bloeddorstige rooi kleur. Hy het sewe koppe en tien horings gehad. Op elke kop was daar ook ’n kroon soos ’n koning sou dra. Dit was duidelik dat hierdie draak sterk was en dat baie aardse leiers agter hom aangeloop het. Hy was vernietigend.