Revelation 12:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die draak was kwaad vir die vrou en het gegaan om oorlog te voer teen die oorblyfsel van haar nageslag, wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die draak het toe woedend geword vir die vrou en vertrek om oorlog te gaan maak teen die res van haar afstammelinge wat die gebooie van God gehoorsaam en vashou aan die getuienis wat Jesus gegee het.
Afrikaans 1933/1953 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. [ (Revelation of John 12:18) En ek het op die sand van die see gaan staan. ]
Afrikaans 1983 Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die draak was woedend vir die vrou, en het weggegaan om oorlog te voer teen die res van haar nageslag wat die gebooie van God nakom en vashou aan die getuienis wat Jesus gelewer het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die draak was baie kwaad vir die vrou en hy het weggegaan om oorlog te gaan maak teen die vrou se ander kinders. Haar ander kinders is die mense wat doen wat God se wette sê en wat Jesus gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het die draak nog kwater gemaak. Hy was blind van woede vir die vrou. Hy is toe daar weg en het begin oorlog maak en baklei teen al wat kinders van die vrou is. Hy het dadelik begin oorlog maak teen almal wat gehoorsaam aan God se wil is of wat openlik en met oortuiging van Jesus praat.