Revelation 12:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die slang het water soos 'n vloed uit sy bek agter die vrou aan gegooi, om haar deur die vloed te laat wegvoer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die slang het toe uit sy bek ’n boog water soos ’n rivier agter die vrou aan uitgespoeg sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, |
| Afrikaans 1933/1953 | En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier. |
| Afrikaans 1983 | Die slang het toe 'n stroom water soos 'n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die slang het toe uit sy bek 'n stroom water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgespoeg, om haar deur die stroom te laat meesleur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die slang baie water gespoeg na die vrou toe, so baie water soos 'n rivier. Hy wou hê dat die water die vrou moet wegspoel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe maak die duiwel ’n ander plan. Hy laat uit sy mond ’n geweldige stroom water kom. Soos ’n bruisende rivier is hierdie water agter die vrou aan. Die draak het gehoop om so die vrou te verswelg. |