Revelation 12:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die vrou is twee vlerke van 'n groot arend gegee, dat sy die woestyn in kon vlieg, na haar plek, waar sy gevoed word vir 'n tyd en tye en 'n halwe tyd van die gesig van die slang af. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aan die vrou is egter twee groot arendsvlerke gegee sodat sy na haar plek in die woestyn kon vlieg. Dáár word sy versorg vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd, heeltemal buite bereik van die slang. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd. |
| Afrikaans 1983 | Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aan die vrou is egter die twee vlerke van die groot arend gegee, sodat sy na haar plek in die woestyn kon vlieg, waar sy vir 'n tyd, tye en 'n halwe tyd lank weg van die slang af versorg sou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar God het vir die vrou twee vlerke van 'n groot arend gegee sodat sy kon wegvlieg van die slang, sy kon vlieg na haar plek in die woestyn. Daar sal God vir haar sorg, drie en 'n half jaar lank. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God gee toe vir die vrou twee vlerke sodat sy soos ’n groot arend kon vlieg. Sy het toe die woestyn in gevlieg na die plek toe wat spesiaal vir haar reggemaak is. Daar is sy versorg met alles wat sy nodig gehad het so lank as wat sy dit nodig gehad het, en dit was nie te lank nie. Daar was sy buite die bereik van die duiwel. |