Revelation 12:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe die draak sien dat hy op die aarde neergewerp is, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die draak sien dat hy op die aarde neergegooi is, het hy die vrou wat geboorte gegee het aan die manlike kind, agtervolg. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het; |
| Afrikaans 1983 | Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En toe die draak sien dat hy op die aarde neergegooi is, het hy die vrou agtervolg wat geboorte geskenk het aan die manlike kind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe die draak sien dat God hom op die aarde gegooi het, het hy die vrou gevolg en gejaag, die vrou wat die seun gekry het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die draak tot verhaal kom en agterkom dat hy op die aarde neergegooi is, het hy die vrou verwoed agternagesit. (Dit is die vrou wat die seun gehad het.) |